Local news

Verdrinking: Twee kinders se liggame opgespoor

Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat die liggame van die twee kinders opgespoor is maar dat polisieduikers steeds na die man se liggaam soek.

Die twee kinders wat in ‘n dam verlede Saterdag (13 Mei) verdrink het se liggame is gevind.

NW polisieduikers het verlede week op die toneel van die verdrinking, ongeveer 20km buite Potchefstroom na die liggame van ‘n man en twee kinders gesoek. Die dam is op die Potchefstroom pad in die rigting van Vanderbiljpark. Dit is omtrent so 4 kilometer na die afdraai op die Potchefstroompad vanaf die R53 (Paryspad).

Noordwes polisiewoordvoerder, kol. Adele Myburgh, het bevestig dat die liggame van die twee kinders opgespoor is maar dat polisieduikers steeds na die man se liggaam soek.

“Die eerste kind is laat Donderdagmiddag gevind en op Vrydagoggend is die ander seuntjie ook op die toneel van die verdrinking gevind,” het Myburgh genoem.

 

Related Articles

Back to top button