Local news

Markdag-lekkerte laat die rande inrol vir biblioteek

Met 'n geldjie kon hul kaartjies koop waarmee daar dan gekies en keur kon word tussen al die lekkernye wat te koop aangebied is om die kosblikkies vol te maak.

Kleuters van El Sali-kleuterskool kon onlangs net soos hul ouer boeties en sussies wat by die laerskool kermis en kaskarpret gehad het, die bederf van hul eie markdag geniet. Met ‘n geldjie kon hul kaartjies koop waarmee daar dan gekies en keur kon word tussen al die lekkernye wat te koop aangebied is om die kosblikkies vol te maak.

Die markdag het aangesluit by die week se tema toe daar gesels is oor wat wat winkels verkoop. Klasmammas het gehelp om borge te kry wat gesorg het vir ‘n verskeidenheid van lekkernye.Geld wat met die markdag ingesamel is, sal gebruik word vir die El Sali Biblioteek waar die kleuterskool en nasorgsentrum kinders ure se leespret sal kan hê.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button