Local news

Lojale skaaphond waak by sy baas tot die einde

‘n Getroue 9-jarige skaaphond, Rex, wou nie afskeid van sy bejaarde eienaar neem wat sy been en heup seergemaak het na ‘n val nie.

‘n Getroue 9-jarige skaaphond, Rex, wou nie afskeid van sy bejaarde eienaar neem, wat sy been en heup seergemaak het, na ‘n val nie.

Danksy Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) se hulp kon hulle, onder groot protes van Rex, hom van sy eienaar skei sodat ER24 ambulansdienste die man, net bekend as Oupa Pieterse, kon behandel en na die hospitaal vervoer.

Rex, die skaaphond, wat by sy Potchefstroomse eienaar gewaak het by sy siekbed. Rex is tans by die Border Collie Rescues-sentrum in Centurion. Foto: Border Collie Rescue SA/Facebook.

“Rex wou sy baas met alle mening beskerm. Hy het geblaf en was aggressief en toe hy weggevat is het hy getjank. Rex was sy baas se skaduwee en dit was baie moeilik om die twee te skei,” vertel Marlise Lessing, PAWS se hokbestuurder.

Oupa Pieterse het einde April in die hospitaal gesterf en daarna moes die familie die moeilike besluit neem om Rex te laat aanneem.

Related Articles

Back to top button