Local news

Kragkrisis: So lyk Fochville se probleme

Dorp kry geleidelik krag na betogings

Hoewel kragtoevoer na dele van Fochville Vrydagaand 12 Mei, herstel kon wordt, is dié dorp se kragprobleme ook nie op ‘n einde nie.

Betogings het Vrydag hande uitgeruk  nadat inwoners van die Kokosi-informele nedersetting nie tegniese spanne by die substasie wou toelaat nie. Daar is gedreig om die substasie af te brand. Die dorp het al sedert Woensdag sonder krag gesit.

Kokosi-inwoners het gevoel dat Fochville deur die munisipaliteit bevoordeel word.

Die polisie moes Vrydag rubberkoeëls gebruik om die betogers by die substasie uiteen te kry, en kon daar eers rondom 18:00 begin word om die kragtoevoer geleidelik na Kokosi en Fochville te probeer herstel.

Net soos Parys wat steeds in ‘n ernstige kragkrisis gedompel is met munisipale rotasie beurtkrag wat bykomend tot nasionale Eskom beurtkrag toegepas word, is kragtoevoervermindering ook in Fochville toegepas naas Eskom beurtkrag omdat die enigste munisipale substasie nie groot genoeg is om aan die groter Fochville wat ook die Kokosi-woonbuurt insluit, krag te kan verskaf nie.

Gevolglik is sekere gebiede se krag afgeskakel om druk op die substasie minder te maak. Maar benewens die feit dat die substasie nie aan die vraag na krag kan voldoen nie, is daar ook boonop onwettige kragverbindings uit die Kokosi-woonbuurt.

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button