Protesaksie in Fochville ruk hande-uit
Die aksie het reeds Woensdag begin en het daartoe gelei dat inwoners van Fochville, Kokosi en Greenspark reeds vir drie dae nie krag het nie.
Die aksie het reeds Woensdag begin en het daartoe gelei dat inwoners van Fochville, Kokosi en Greenspark reeds vir drie dae nie krag het nie.
Vandag het leerders van al die skole in Kokosi hulle ook by die aksie aangesluit. Volgens verskeie inwoners van Kokosi en Fochville met wie die Gazette se susterskoerant,, die Carlettonville Herald op die toneel gepraat het, is dit juis hierdie leerders se betrokkenheid wat tot vandag se verhoging in geweld lei.
Die polisie se openbare orde-eenheid was op die toneel en is onder meer rookgranate gebruik om die skare uitmekaar te probeer jaag,
Die betogers het voortdurend een van hierdie eenheid se pantservoertuie met klippe gegooi.
Daar was ook ander polisielede sowel as lede van die GPF en privaat sekuriteitsmaatskappy op die toneel.