Local news

Kroonstad, Witrivier en Vredefort het – Parys kan ook

Ons het 'n pragtige dorp en 'n ongelooflike omgee gemeenskap, maar ons het JOU NODIG!

Kroonstad het dit reggekry om as gemeenskap saam te staan en die dorp reg te ruk. Witrivier het dit gedoen – die dorp skoongekry en reggemaak wat reggemaak moes word. Vredefort het gewys hoe word dit gedoen as ‘n gemeenskap hande vat en saamwerk. Parys kan dit ook doen!

Ons het ‘n pragtige dorp en ‘n ongelooflike omgee gemeenskap, maar ons het JOU NODIG!

Kyk maar net wat is alreeeds in die dorp gedoen deur Mooi Parys. Kyk na die blomme wat geplant staan by die Vredefort-ingang van die dorp. Dit is moontlik, Dit kan gedoen word.

Kom ons maak skoon op Saterdag 13 Mei. Mooi Parys in samewerking met die Ngwathe Gemeenskap Forum rig ‘n uitdaging aan ieder en elke inwoner, kerke, organisasies en besighede. Hier is nou die geleentheid om op praktiese wyse jou bydrae tot ‘n skoner en beter Parys te gee. Daar is 2000 sakke om vol te maak, geborg deur Jack’s Paint.

Kies vir jou ‘n area wat toeganklik is en kom help op 13 Mei vanaf 08:00 en maak skoon en verfraai dan by die gedeelte van die dorp wat jy gekies het.

Die uitdaging is om teen einde Augustus werklik ‘n verskil te kan sien aan die gedeelte wat jy gekies het om skoon en mooi te maak. Aan die einde van Augustus sal die deelnemers se handewerk beoordeel word om te bepaal wie die wenner is van die bes versorgde terrein.

Die uitdaging is skoonmaak en die verwyder van vullis, sny van gras in parke en sypaadjies, snoei van bome en uitlê van die tuin, skoonmaak van leivore waar moontlik, en die deurlopende instandhouding van die gekose terrein.

As jy meer inligting nodig het skakel Braam Cilliers by 072 779 4079 of Schalk Burger by 082 653 4281.

Moet ook nie vergeet om vir Parys te stem nie. Daar is net tyd tot môre, Vrydag 5 Mei om 12:00.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button