Local news

Hulde gebring aan akteur James Alexander

"Sy nalatenskap sal voortleef, aangesien niemand onveranderd deur 'n vuur gaan nie,"

Die akteur James Alexander is Vrydagaand 28 April in die ouderdom van 45 jaar aan kanker oorlede. Sy vrou, Anel, het bevestig dat kanker in sy kop en nek in 2019 by hom gediagnoseer is, maar het hy verkies om sy stryd privaat te hou totdat hy gereed was om dit te deel, het sy gesê.

“Hy het ongelukkig nie die geleentheid gekry nie, maar sy nalatenskap sal voortleef, aangesien niemand onveranderd deur ‘n vuur gaan nie,” het sy  geskryf.

James en Anel was vir 22 jaar saam en het mekaar ontmoet terwyl hulle ‘n amateur-musiekblyspel in die Staatsteater opgevoer het.  Saam het hulle Scramble Productions gestig, en ook aan verskeie projekte en rolprente gewerk.

“Ek kan my nie indink om deur die lewe te gaan sonder jou aan my sy nie. Jy was my eerste liefde, my beste vriend, my werk-maat, reis-maat, daar’s-iets-in-jou-tande-maat,” het Anel geskryf.

James was naas akteur ook uiters talentvol as stemkunstenaar.

As akteur was hy onder meer te sin in die TV-sepie Binnelanders, die TV-reeks Trackers, en films soos Semi-soet en Eye in the Sky, asook Sink wat internasionale erkenning gekry het.

Hy was iemand met ‘n onwrikbare geloof, ‘n ongelooflike humorsin en toegewyd aan sy familie en vriende.

Ons innige medelye met Anel en sy familie.

 

Related Articles

Back to top button