Local news

Trekkerbestuurder kritiek na botsing op R57

Motoriste is aangeraai om eerder van alternatiewe roetes gebruik te maak

Die  R57  tussen Heilbron en Pretrus Steyn was net voor 20:00 vanaand nog nie toeganklik vir verkeer nie, na ‘n ernstige motorongeluk net na 16:00 vanmiddag, 27 April, toe ‘n vragmotor met ‘n trekker en sleepwa waarop plaasimplemente was, sowat 20km buite Heilbron gebots het.

Die bestuurder van die trekker is deur nooddienspersoneel in ‘n kritieke toestand van die toneel vervoer. Die vragmotorbestuurder is nie in die ongeluk beseer nie.

Daar het heelwat diesel oor die pad geloop wat opgeruim moet word.

Related Articles

Back to top button