Local news

Veiligheid by Voortrekkermonument: Tshwane moet saamwerk

Belangrike opgraderings wat die Tshwane Metroraad by, en aan die grense, van die Voortrekkermonument (VTM) móét doen is al vir drie jaar afgekeur. Daarom het die Voortrekkermonument nou ’n petisie van stapel gestuur om beter samewerking met die munisipaliteit te bewerkstellig. Volgens Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die VTM, moes die grensdrade, waarvoor Tshwane natuurbewaring verantwoordelik is, …

Belangrike opgraderings wat die Tshwane Metroraad by, en aan die grense, van die
Voortrekkermonument (VTM) móét doen is al vir drie jaar afgekeur. Daarom het die Voortrekkermonument nou ’n petisie van stapel gestuur om beter
samewerking met die munisipaliteit te bewerkstellig.

Volgens Gerhard Pretorius, kommunikasiebestuurder van die VTM, moes die
grensdrade, waarvoor Tshwane natuurbewaring verantwoordelik is, reeds meer as
drie jaar gelede opgegradeer en vervang word. Aansoek vir hierdie befondsing is by die metroraad gedoen, maar is steeds nie goedgekeur nie.

“Ons sit hier op ’n 341 hektaar plaas. Die nommer een vereiste vir veiligheid op ’n
plaas is grensdrade. As die grensdrade nie op standaard is nie, soos wat dit nie nou
is nie, dan skep dit ’n enorme veiligheidsrisiko vir almal wat dieVoortrekkermonument besoek.

“Ons het reeds van ons kant af verskeie veiligheidsmaatreëls in plek gesit soos
hondepatrollies op die terrein, veldwagters wat die natuurreservaatgebied patrolleer,
perdepatrollies wat in die veld asook die grensdraad patrolleer, kamerastelsels en
nog meer. Ons wil graag net beter samewerking kry met die metroraad, want dit
gaan oor gelyke behandeling waar belastingbetalers se geld ons erfenis en ons
mense ook moet help veilig hou,” sê Pretorius.

Verder is die beveiliging en beskerming van infrastruktuur buite die grense van die
monument ook ’n enorme probleem wat duisende rand se impak op die VTM self
het. Van 20 Maart tot 19 April het die Voortrekkermonument (VTM) spesifiek weens
kabeldiefstal, en nie beurtkrag nie, 7 dae sonder elektrisiteit gesit.

Volgens Pretorius moes die monument sedert begin van die jaar, weens
kabeldiefstal, meer as R70 000 se brandstofonkostes aangaan vir kragopwekkers
net om die nommer een toerismebestemming in die hoofstad van die land se deure
oop te hou.

“Watter opgradering en instandhouding kon die monument nie gedoen het met
daardie geld nie.? Ons belastingbetalers se geld word nie regverdig en vir die regte
doel aangewend nie. Hulle steel kragkabels net buite ons terrein en dan moet ons vir
dae aaneen wag vir die elektrisiteit om weer aan te kom en ons moet elke keer
duisende rand se brandstofonkostes aangaan,” sê Pretorius.

“Ons munisipale rekening beloop meer as R250 000 per maand, dit is seker nie te
veel gevra om nie net elke keer die kabels te vervang en weg te loop nie. Jy sit vir
die boef die persent onder Kersboom neer, hy moet dit net kom haal. Beveilig die
areas beter, want dan gaan jy nie elke keer honderde duisende rand se kabels moet
vervang nie,” sê Pretorius.

In die petisie vra die monument dat die Tshwane-metropolisie en berede eenheid

*’n Satellietkantoor oprig op die terrein waar die monument gratis die grond sal verskaf.
* Die onmiddellike opgradering van die grensdrade.
* Ontbossing en instandhouding van die ontbossing buite die grensdrade van die
monument vir veiligheidsredes.

Die Voortrekkermonument vra nou vir 70 000 mense om die petisie te onderteken vir
elke rand wat ons al dié jaar moes spandeer om die monument se deure oop te hou.
Vir enige verdere navrae skakel Gerhard Pretorius by 083 789 1985

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button