Aanlynpetisie begin as gemeenskap se stem oor droë krane
Die petisie sal op 12 Mei aan die Ngwathe munisipaliteit oorhandig word.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2023/04/water-tap-1.jpg)
Handtekeninge van mense uit die totale Parys-gemeenskap het vanmiddag begin instroom op ‘n aanlyn petisievorm wat deur die drukgroep Save Ngwathe opgestel is en waarin die gemeenskap se stem gehoor kan word oor die Ngwathe munispaliteit se gebrekkige watervoorsiening aan sy inwoners. In die memorandum wat die petisievorm vergesel, word pertinent vrae gevra oor die beloofde noodkragopwekker vir die dorp se watersuiweringsaanleg, asook die tydsraamwerk vir die daarstel van ‘n direkte kraglyn na die waterwerke
Op die digitale platform het 1332 mense teen vanmiddag, Donderdag 20 April, reeds die petisie aanlyn geteken. Dit was met die skryf van hierdie berig nog nie seker hoeveel gedrukte petisievorms wat by verskeie besighede beskikbaar is, alreeds geteken is nie.
Save Ngwathe het met die verspreiding van die petisievorm, ‘n ernstige beroep op inwoners, besighede en selfs besoekers aan gastehuise wat deur die waterkrisis geraak word gedoen om die vorm in te vul.
Daar is geen ouderdomsbeperking vir mense om die petisievorm te onderteken nie.
Hier is die inhoud van die memorandum wat die petisievorms vergesel:
Die digitale skakel vir die aanlyn petisievorm is https://forms.gle/xLxPTGRLtZHtenSh9
Mense kan nog tot 5 Mei die petisievorm aanlyn, of op die gedrukte weergawe by besighede teken, wat dan op 12 Mei aan die munisipaliteit oorhandig sal word. Naas die digitale platform is petisievorms by die volgende besighede in die dorp beskikbaar.