Local news

Heilbron waterkwessie: Gesteelde kabel toe die probleem

Heilbron raadslede bevraagteken steeds Rand Water se standpunt dat hy net 8Ml per dag moet lewer.

Sommige Heilbronners het na ‘n lang ‘droogte’ van meer as drie weke uiteindelik weer water, nadat dele van die dorp vir weke aaneen geen water in die krane gehad nie. Na vele klagtes aan Rand Water wat die dorp van water voorsien, is eindelik vasgestel dat diefstal van ‘n elektriese kabel by een van Rand Water se pompe, die rede was vir die watertekort.

Volgens Vryheidsfront Plus raadslid Phillip van der Merwe, het Rand Water aanvanklik vir dae ontken dat al die water wat Heilbron volgens ooreenkoms moes ontvang, nie gelewer was
nie. Die dorp beskik nie oor ‘n eie meter om toevoer te meet nie en is afhanklik van Rand Water se instrumentasie daarvoor.

Met die kleiner hoeveelheid beskikbare water het die toevoer nie hoërliggende dele bereik nie.

‘n Foutiewe klep op Rand Water se toevoerlyn na Heilbron het in die verlede ook ‘n watertekort vir die dorp veroorsaak. Raadslid Van der Merwe sĂª Rand Water het toe ook ontken dat hy die probleem veroorsaak en dit is eers tydens ‘n inspeksie van die hele toevoerstelsel, waarop die destydse direkteur van tegniese dienste aangedring het, bevind en reggestel.

Heilbron raadslede bevraagteken steeds Rand Water se standpunt dat hy net 8Ml per dag moet lewer. Die toevoerlyn het ‘n vermoĂ« van 12 Ml per dag en raadslede se standpunt
is dat Heilbron, met hulp van die destydse Noord Vrystaat Streeksdiensteraad, die aanvanklike kapitaalkoste van die toevoerlyn betaal het en dat die volle kapasiteit daarvan dus vir Heilbron beskikbaar behoort te wees.

Raadslid van der Merwe het daarom die burgemeester versoek om ‘n onderhoud met Rand Water te reĂ«l om kwessies rondom waterlewering te bespreek.

Alhoewel Rand Water daartoe ingestem het en aanvanklik 31 Maart 2023 as datum vir samesprekings bepaal het, is later aangedui dat die datum nie meer geskik is nie en word sedertdien nog gewag op toekenning van ‘n nuwe datum daarvoor.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button