Local news

Freda het geleef – kleurvol met die son in haar lag

Haar vriendskappe was vir haar kosbaar.

Sy het ‘n hart so groot soos die heelal gehad. ‘n Glimlag wat soos die son deurgebreek het om selfs die moeilikste dag te kon ophelder. Sy het geleef – elke dag – “One day at a time” soos sy geglo het.

Haar mense en haar vriende was haar hart, haar lewe. Kleurvol, kunstig, vrolik, lojaal en altyd daar. Dit en soveel meer was Freda de Lange.

‘n Kosbare vriendin wat op 13 April in haar slaap aan hartversaking oorlede is. Sy was 68.

Freda het in 1997 Parys haar huis gemaak. Die afgelope twee jaar was sy in die Kaap gevestig, reg oorkant haar dogter, Mirka.

Haar vriende was oor die land gesaai in die vriendskapsakkers waarmee sy moeite gedoen het met verhoudings en vriendskappe waar sy gekom het. ‘n Sonskynmens wat met haar lag en kleurvolle karakter mense se lewens vol gemaak het.

“Die lewe gaan ‘n bietjie donkerder wees sonder jou, Freda”

Jy wat so lief was vir als wat jy in ‘n ‘charity shop’ kon koop, oudhede, die snaakse goed, opgaar goed.

Jy kon die humor in alles sien en het geglo soos ‘n kind.

Mirka en Daniël, Boeta, en Simoné, jou hartskinders Bibi en Noah en sus, en almal wat jou geken het van Vryheid tot in die Kaap sal jou onthou vir jou lag, en jou liefwees vir die lewe en vir mense.

Rus sag, liewe Freda.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button