Local news

Mooie Parys-meisies onder kroondraers by Royal World SA Pageant

Milane, Bokamoso en Amore sal as finaliste aan die Royal World International Pageant deelneem wat aan die einde van 2023 gehou word. By dié geleentheid sal hulle Suid-Afrika teen deelnemers van ander lande verteenwoordig.

Vyf modelle van Parys Model Akademie het op 8 April aan die Royal World SA Pageant by die Silverstar Casino in Krugersdorp deelgeneem waar drie van die modelle onder die top 3 gekroon is in hul onderskeie kategorieë waaraan hulle deelgeneem het.

Milane Avenant is gekroon as tweede prinses in die Baby Royal World SA 2023 kategorie vir 0-4 jaar

Bokamoso Mokhele was die wenner van Miss Pre-Teen Royal World SA 2023 in die 7-12 jaar kategorie.

Amore Britz dra die kroon as eerste prinses vir Miss Teen Royal World SA 2023 in die kategorie 13-17 jaar. Amore was ook die wenner van die Fotogeniese toekenning as mees fotogeniese model van die kompetisie.

Milane, Bokamoso en Amore sal as finaliste aan die Royal World International Pageant deelneem wat aan die einde van 2023 gehou word. By dié geleentheid sal hulle Suid-Afrika teen deelnemers van ander lande verteenwoordig.

Die modelle sal ook op 27 Mei aan die Winter Winterland-kompetisie by Stonehenge River Lodge deelneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button