Local news

Lersersbrief: Dit bly ‘n juweel van ‘n dorp

Ek het gedurende 1959 deur Parys gery op pad na die noorde. Die groente karretjies langs die pad het ‘n besondere indruk gelaat. Sedert 1968 bly ek nou self in Parys. Daar het fenominale vooruitgang plaasgevind. Nuwe uitbreidings met luukse huise en sterk gevestige besighede wat met enige plek kan vergelyk. Die privaat sektor het …

Ek het gedurende 1959 deur Parys gery op pad na die noorde. Die groente karretjies langs die pad het ‘n besondere indruk gelaat.

Sedert 1968 bly ek nou self in Parys. Daar het fenominale vooruitgang plaasgevind.
Nuwe uitbreidings met luukse huise en sterk gevestige besighede wat met enige plek kan vergelyk.

Die privaat sektor het werklik bele in ons dorp.

Ons kan trots wees op mooi besighede wat uitstekende diens lewer. Ek het onlangs in Parys
mediese dienste ontvang vir die behandeling van kanker. Ek het nog nooit in enige kliniek of
hospital sulke uitstekende en professionele behandeling ontvang nie. Nog steeds verneem ons van uitbreiding op mediese gebied deur goeie medici.

Ek het ‘n tyd gelede met ‘n professor in oftalmologie gesels wat vir my sê dat ons nie besef wat ons in Parys het nie.

Onlangs is weer ‘n nuwe sakekompleks ontwikkel met van die beste uitstallings. Dit is groot
kapitaal wat hier bele is. Dus van die privaatsektor se kant is Parys op die kaart.
Lees jy egter die kommentare op groepies, dan sal jy dink dit is ‘n vervalle ou dorpie.

Ons moet nie dat agterlike Munisipale en Provinsiale dienste ons aftrek nie. Ons moet dit wat ons het met trots propageer en die Munisipaliteit wys op hul agterlikheid.

Daar is metodes om die saak te verander.

Related Articles

Back to top button