Local news

Vaalrivier-herstelplan kan lei tot volhoubare toerisme

Gazette sal volledig verslag doen oor die minister se besoek in die eersvolgende uitgawe.

 

Die minister van toerisme, Patricia de Lille, het gister tydens ʼn besoek aan toerisme-oorde in Parys en omstreke onderneem om ʼn volhoubare herstelplan vir toerisme te steun.

Tammy Breedt, Michal Groenewald en minister Patricia de Lille tydens haar besoek aan Parys

Dit is in reaksie op groot skade wat onlangse vloede aan oorde op die oewer van die Vaalrivier aangerig het. Die besoek het op uitnodiging van die VF Plus plaasgevind. Die minister het tydens ter plaatse besoeke aan verskeie oorde eerstehands die enorme skade aan die oorde ervaar.

 

Die minister is ook toegelig oor die omvang van nie net die fisiek waarneembare skade nie, maar ook van die negatiewe rimpeleffek op werkskepping en die plaaslike ekonomieë in die geraakte gebiede vanaf Gauteng tot in die Noord Kaap.

 

Gemeenskappe aangrensend tot die Vaalrivier is grootliks afhanklik van toerisme- en landbou-aktiwiteite vir  ekonomiese oorlewing.

 

Die VF Plus het ook ʼn vergadering tussen geraakte belangegroepe en die minister gefasiliteer tydens die besoek.

Daar is tydens die vergadering ooreengekom om eerstens ʼn praktiese herstelplan op te stel vir spoedige implementering. Die onderskeie belangegroepe sal gesamentlik strategiese beplanning doen vir die implementering vir die “Vaalrivier-herstelplan”.

 

Die plan sal vroeg in Julie aan die ministerie voorgelê geword in ʼn opvolgvergadering in Bloemhof in Noordwes.

Die doelwit van die plan is om verligting te bring vir toerisme-ondernemings wat skade gelei het om onder meer werkverliese te beperk en om ʼn  bloudruk te ontwikkel vir die volhoubare herstel van die toerisme-sektor aan die oewers van die Vaalrivier.

 

Die minister het onderneem om met die pas aangestelde minister van elektrisiteit, Sputla Ramokgopa, in verbinding te tree om ʼn moontlike grasie vir die geraakte toerisme-ondernemings te beding om vir ʼn tydperk verlaagde diensfooie aan Eskom te betaal totdat hulle weer ʼn inkomste kan genereer.

 

Die VF Plus verwelkom minister De Lille se praktiese aanslag en bereidwilligheid om met die plaaslike belangegroepe saam te werk en in te gryp by die huidige krisis, sowel as om die volhoubare ontwikkeling van die toerisme-sektor in die geraakte gebiede teweeg te bring.

 

Die VF Plus sal voortgaan om ʼn konstruktiewe bydrae te lewer tot die beskerming en ontwikkeling van die toerismesektor om te verseker dat die potensiaal van die sektor ten volle ontsluit word tot voordeel van die land.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button