Local news

Evangelie-uitreik vir kinders met vakansieprogram

Hoewel Every Nation Faith City die dryfveer is agter die program, word dit gesien as ‘n gemeenskapsprojek, en is van die jeug van Parys genader om tydens die week te help, onder meer as groepleiers.

Kidsgames, ‘n vakansieprogram vir laerskoolkinders, is verlede week weer  met groot sukses in Parys aangebied.

Die program fokus daarop om die evangelie aan kinders te verkondig.

Elke dag word ‘n ander boodskap aan die kinders gebring deur middel van speletjies, kuns, musiek en meer.

Ngwathe Warriors het ook elke oggend met die kinders ‘n waardevolle les oor die bewaring van ons omgewing kom deel.

Vanjaar het 50 kinders vir die program ingeskryf

Een van die spanne met die kleurvolle banier wat hulle tydens die week gemaak het. 

Hoewel Every Nation Faith City die dryfveer is agter die program, word dit gesien as ‘n gemeenskapsprojek, en is van die jeug van Parys genader om tydens die week te help, onder meer as groepleiers. Die nodige voorbereiding en opleiding is vooraf aan hierdie groepleiers gegee.

Ander kerkgroepe is ook betrek insluitend Lede in Christus Parys wat gehelp het met die voorbereiding van die etes vir die week, en die NG Wes gemeente vir die gebruik van hul fasiliteite.

Meer inligting en foto’s van vanjaar se vakansieprogram is beskikbaar op die Kidsgames Parys Facebook blad.

Related Articles

Back to top button