Local news

Bloedvoorraad kritiek laag en Paasnaweek lê nog voor

Jou bloed kan iemand se lewe red.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens het ‘n baie ernstige beroep op die publiek gedoen om bloed te skenk. Met die Paasnaweek wat voorlê is bloedvoorraad alreeds kritiek laag.

Parysenaars kan op Dinsdag 11 April tussen 13:00 en 19:00 bloed skenk by die kerksaal van die Hervormde Kerk h/v Loop- en Paulsenstraat, Parys.

Om bloed te skenk moet jy:

  • Tussen 16 en 75 jaar oud wees.
  • 50kg of meer weeg
  • Gesond wees
  • ‘n Gesonde leefstyl handhaaf.

Related Articles

Back to top button