Local news

Matriekmaats kuier saam vir 40 jaar reünie

Matrikulante van Hoërskool Parys se 1982 matriekklas het die afgelope naweek vir die eerste keer die afgelope dertig jaar weer saamgekuier om hul 40 jaar reünie te vier. 

 

Hoewel die 40 jaar reünie eintlik in 2022 gehou moes word, moes die geleentheid verlede jaar weens omstandighede uitgestel word.

Die oud-klasmaats het mekaar Saterdag vir middagete by O’s restaurant ontmoet waar lekker gelag en gesels is oor die wel en weë van die afgelope jare sedert hulle mekaar in 1992  met hul tien jaar reünie gesien het.

Daar was destyds 56 matrikulante in die skool se 1982-matriekklas.  Twee van die groep – Irene van Huyssteen wat die hoofdogter was, en Joël Meyer is sedertdien oorlede.

Saterdagaand is die kuier voortgesit met ‘n semi-formele funksie by Woodlands Lodge.

Die klasmaats wat die reünie bygewoon het, was André van der Schyff, Androula Papavarnavus, Anneli Pelser , Annelies Hein, Brenda Slabbert , Chris Klopper , Dorothy de Kock , Estelle Jacobs, Hennie Brink, Irene Hein, Jan Griesel, Kotie Claassen, Magda Marx, Marieta Buys, Marius Erasmus, Neels van Loggerenberg, Phillip Basson, Pieter Nienaber , Sam Terreblanche, Santie Thompson, Shirley Coetzee , Stiefa van der Merwe, Willem Verster, Trudie Botes  en Charl van Tonder.

 Estelle Jacobs links en Irene Hein regs

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button