Local news

Groot, groter…eier

Dalk gee die hen nog die goue eier

 

In sy meer as 60 jaar ervaring met lêhenne, het die 88-jarige Almur Smit van Parys al groter eier by sy henne uitgehaal, maar so ‘n grote het hy lank laas gesien.

Die eier wat Almur Vrydag by een van sy silwer Hy-line henne uitgehaal het weeg ‘n ongelooflike 134g. Gemeet teen ‘n standaard groot hoendereier wat gemiddeld tussen 51g en 58g weeg, is hierdie ‘n bielie van ‘n eier.

Hoe groot dié bielie van ‘n eier is, kan jy duidelik sien as y dit vergelyk met ‘n normale groot hoendereier.

Dit oortref selfs die gemiddelde gewig van ‘n ekstra groot eier wat gemiddeld tussen 59g en 65g weeg, en ‘n Jumbo eier wat 66+g weeg.

Geen wonder dat daar op die Almur Smit Pluimveeplaas gespot is dat dié hen ekstra kos sal moet kry, want wie weet – dalk lê sy more ‘n goue eier.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button