Local news

Elke mens het ‘n storie wat wag om geskryf te word

Ervare skrywer Carla van der Spuy, kom aspirant skrywers 22 April die fynere kunsies van skryfwerk leer.

Suid-Afrika is ‘n land van kontraste. Net so verskillend soos wat ons landskappe is, so verskillend is ons mense.
Daarom is ons ook ‘n land propvol inte- ressante stories. Elke mens het ‘n storie.

Ons is ook geseënd met uitstekende storievertellers. Ons streek is die geboorte- en grootwordplek van verskeie suksesvolle skrywers en digters.

Het jy dalk ‘n storie wat jy graag sou wou vertel? Selfs net jou familiegeskiedenis wat vir die nageslag bewaar moet bly?
Dan is daar goeie nuus! Kom sluit aan by die ATKV Vredefort Koepel se Herfs Skryfwerkswinkel.

Ervare skrywer Carla van der Spuy, kom aspirant skrywers 22 April die fynere kunsies van skryfwerk leer.
Jy kan ook ‘n storie van ongeveer 500 tot 1 000 woorde vooraf vir Carla stuur wat sy vir jou sal evalueer.
Waarvoor wag jy… skryf dadelik in!

Aan lesers is ook gedink met ‘n boekbekendstelling om 14:40 waar Carla se nuutste boek, Gangster, bekendgestel word. Carla, wat vroeër ‘n joernalis was, gee met dié boek waardevolle insae in die psige van ‘n bendeleier.
Kom ontmoet die skrywer van naderby en geniet ‘n glasie wyn en verversings saam met ander ywerige lesers.
Hierdie lekkerte vind ook 22 April plaas.

Vir meer besonderhede en koste van die werkwinkel en boekbekendstelling, of om ‘n kaartjie te koop, kontak Corlia Kruger by 082 732 0257 of corliwent@gmail.com

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button