Local news

Ngwathe se skuld nou al oor die R2 miljard

Die munisipaliteit se Eskomskuld alleen beloop nou reeds nagenoeg R1,714 miljard

Die Ngwathe munisipaliteit se skuldlas het 28 Februarie vanjaar reeds tot ‘n verstommende R2,022 miljard gegroei.
Dit verteenwoordig ‘n toename van nagenoeg R22 miljoen sedert Desember 2022.

Die inligting blyk uit finansiĂ«le verslae wat op 22 Maart aan die FinansiĂ«le Komitee voorgehou was, sĂȘ Vryheidsfront Plus raadslid, Phillip van der Merwe.

Die munisipaliteit se Eskomskuld alleen beloop nou reeds nagenoeg R1,714 miljard met nog geen afbetaalplan wat met Eskom gefinaliseer was teen Gazette se druktyd nie.

Debiteure het opgehoop tot R1,032 miljard waarvan die grootste deel, 67%, klaarblyklik deur huishoudelike verbruikers geskuld word.

Die ooreenstemmende syfer vir Desember 2022 was R997,8 miljoen – dus ‘n toename van ongeveer R32 miljoen.
Die toename word weerspieël in die munisipaliteit se kontantvloeistaat wat aandui dat, teenoor verwagte begrote inkomste, slegs ongeveer 62% vir erfbelasting en 67% vir dienstegelde onderskeidelik ingevorder kon word.

Die munisipale inkomste is onlangs ‘n verdere knou toegedien deurdat Cigicell, die kontrakteur wat hoofsaaklik die kragverkope hanteer, begin het om gelde verdien uit kragverkope, terug te hou en aan te wend ter betaling van skuld aan die maatskappy, eerder as om dit aan die munisipaliteit oor te betaal.

Die skuld aan Cigicell beloop tans ongeveer R53 miljoen wat spruit uit verskaf- fing van kragmeters en dienste aan Ngwathe.
Cigicell se kontrak met die munisipaliteit verstryk later vanjaar en die maatskappy verwag volle betaling van sy uitstaande skuld voordat die kontraktermyn verstryk.

Die impak hiervan het ‘n nadelige invloed van ongeveer R7 miljoen per maand op die munisiplale inkomste en kontantvloei.

“Soos blyk uit die groeiende Eskomskuldlas slaag die Ngwathe munisipaliteit nie eers daarin om sy maandrekening aan Eskom te betaal nie, laat staan nog iets op sy skuld afbetaal” sĂȘ raadslid Van der Merwe.

Raadslid Van der Merwe sĂȘ hy spook al meer as twee jaar dat die munisipaliteit se kragtariewe, wat hoegenaamd nie relevant tot koste is nie, hersien word, maar die begroting vir 2023/2024 moet reeds vandees-week teen 31 Maart, ter tafel gelĂȘ word. Hy sĂȘ daar is geen kans dat markverwante tariewe teen dan beskikbaar sal wees vir gebruik in die begroting nie.

Die munisipaliteit het wel intussen hulp bekom om die tariefstruktuur te hersien, maar die proses vorder uiters stadig en die
resultate gaan waarskynlik weer eens te laat beskikbaar wees vir begrotingsdoeleindes, sĂȘ raadslid Van der Merwe.
Twee kwelpunte met die tarief is dat Eskom en die munisipaliteit se finansiële jare nie ooreenstem nie.

Die eerste bring mee dat Eskom sy tariewe met effek van 1 April elke jaar verhoog, terwyl die munisipaliteit sy eie tariewe eers vanaf 1 Julie jaarliks kan verhoog.

Die tweede is dat Eskom ‘n hoĂ«r tarief hef vir wintermaande, wanneer verbruik ook die hoogste is, terwyl die muni- sipaliteit heeljaar aan ‘n gelykblywende tarief verbind is.

“Ook dit impakteer uiters nadelig op Ngwathe se inkomste en planne sal gemaak moet word om nie net dringend sinvolle tariewe daar te stel nie, maar ook om verbruikers sover te kry om voluit vir hul dienste te betaal – anders sal die skip sink,” het raadslid Van der Merwe gewaarsku.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button