Local news

Hof in haglike toestand terwyl herstelwerk sloer

Volgens regslui is die strukturele toestand van die hof haglik. Verder is die fasiliteite ook ontoereikend om siviele gedinge, strafsake, onderhoudsake en gesinsgeweld-sake effektief aan te hoor.

Die departement van openbare werke en infrastruktuur se gesloer met die herstel en instandhouding van die Potchefstroomse Landdroshof, ontwrig daagliks steeds regspleging.

Sedert ‘n gedeelte van die dak van dié hofgebou in September 2022 inmekaargesak het, is talle hofverrigtinge vertraag weens die huidige toestand van die hof.

Kyk die video van hoe die hof na ‘n reënbui lyk:

Slegs ‘n gedeelte van die hof (die ingangsportaal en sekuriteitsarea, openbare toilette, hysbakgebied, hooggeregshof en die kinderhof) is as bruikbaar verklaar. Die stadsaal van die J.B. Marks Plaaslike munisipaliteit word onder meer as ‘n hofsaal vir strafsake aangewend.
Volgens regslui is die strukturele toestand van die hof haglik. Verder is die fasiliteite ook ontoereikend om siviele gedinge, strafsake, onderhoudsake en gesinsgeweld-sake effektief aan te hoor.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button