Local news

Parys skop sportweek af met ‘n wen

Maak seker jy mis nie hierdie week se rugby- en netbalaksie op die Hoërskool Parys se sportgronde nie.

Die Hoërskool Parys Alumni Namgola Parys Sportweek het vandag, Maandag 27 Maart, afgeskop met ‘n weghol oorwinning vir Hoërskool Parys se o.16’s wat met 38-0 op hul tuisveld geseëvier het teen HTS Sasolburg.
Altesaam 37 rugbywedstryde en 24 netbalwedstryde sal gedurende die sportweek gespeel word met die klem daarop om geleenthede vir spelers te bied en ‘n leerskool te wees vir die seisoen wat voorlê.
Die wedstryde word op Super Sport Schools se twee kanale uitegesaai.

‘n Beperkte aantal toegangsbandjies is op die terrein te koop wat jou toegang gee vir al die rugby- en netbalwedstryde wat die week gespeel word, sowel as die Giant Slides en die Ray Dylan vertoning Woensdagaand. Die bandjies kos R80. Kom ondersteun hierdie spelers wat vandeesweek hier op die rugbyveld en netbalbaan in aksie sal wees.

Parys se o.16’s.

Hy’s daar…

…en hy het hom!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button