Local news

Môre klap die swepe oor Ottosdal se vlaktes

Sewe dae en 40km se avontuur as die ossewawiele knars oor Ottosdal se vlaktes.

Die kampvuur knetter-praat gesellig.  Vandat die eerste trekgenote vroegdag Sondag 26 Maart begin aankom het, het die groep stadig maar seker gegroei, mekaar leer ken. Saam erediens gehou in Ottosdal se ou klipkerk.

Laatmiddag is weggelê aan braaivleis en tuisgebakte brood. Die gesels opgewonde oor die avontuur wat voorlê, want môre is dit vroeg opstaan. Ketel kook en  osse inspan.

Die trek oor Ottosdal se vlaktes lê voor.

Net na 06:00 Maandag 27 Maart sal die swepe  klap. Die ossewawiele voortbeur op hul moeisame tog.

Sewe dae se avontuur oor 40km wat wag.

Maar vir nou kom lê die stilte oor die kamp. Dis tyd vir Boekevat onder die grootsheid van die sterreprag.

‘n Groep van so by die 30 wat saam die unieke Ossewa-avontuur aanpak wat vanjaar aangebied word deur die Trekboer vereniging in samewerking met die FAK, en met die steun van borge, ten bate van die Bloedrivier 2023-trek.

Die waens sal elke dag sowat 6-8 kilometer aflê. Soggens om 06:00 word daar ingespan en teen ongeveer 12:00 weer uitgespan – oorgenoeg tyd vir rus, saamkuier en kosmaak.

‘n Week waar terug gestap word in die verlede. En so saam met die daaglikse trekkery wat Sondag 2 April ten einde loop, is daar verskeie aktiwiteite waaronder voorlaaier demonstrasies en heerlike samesyn en musiek om die kampvuur – met les bes ‘n melktert of twee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button