Local news

Internasionale toerisme beleef ’n opbloei by die Voortrekkermonument

Toerisme in Suid-Afrika het oor die afgelope paar jaar swaar getrek, maar as die Voortrekkermonument (VTM) enigsins ’n aanduiding is, wys dit dat internasionale toeriste besig is om in hul duisende terug te stroom na ons land toe.

 

Tussen Januarie en Februarie verlede jaar het die Voortrekkermonument 352 internasionale besoekers gehad en ’n jaar later het dié getalle drasties verhoog met 4400 oorsese kuiergaste wat hulle hiér kom tuismaak het.

Duisende oorsese toeriste het oor die afgelope jaar besoek kom aflê by die Voortrekkermonument (VTM) en na ’n lang “droogte” is een ding seker: Die Voortrekkermonument bly ’n baken van hoop vir ons land en sy mense.

Die VTM is een van Suid-Afrika se mees indrukwekkende en gewilde toeriste-aantreklikhede wat al vir jare besoekers van regoor die wêreld lok.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button