Local news

Rand Water sê kragonderbrekings is die rede vir Heilbron-watertekort

"Onder hierdie verslegtende toestande, kan Rand Water nie volhoubaar water voorsien nie."

Heilbron se krane is soos in Parys, ook droog, en blameer Rand Water knaende kragonderbrekings vir die watertekort. Groot gedeeltes van dié dorp het teen Maandag, 13 Maart vir sowat 12 dae geen water gehad nie. Teen daardie Maandagaand was daar vir ‘n kort tydjie water, maar teen Dinsdagmiddag, 14 Maart het die straaltjie van hoop ook opgedroog. Dié keer as gevolg van vanda- lismse by ‘n kabel wat krag aan die water- pompe verskaf, wat gesny is.
Heilbron vorm deel van die Ngwathe Munisipaliteit, en kry sy water van Rand Water.
Volgens Vryheidsfront Plus rdl. Phillip van der Merwe,is die hulp van plaaslike kundiges nou al ingeroep om die probleem aan te spreek, en word daar twee keer per dag vloeilesings geneem om die hoeveelheid water wat van Rand Water ontvang word, te monitor.
Dinsdag, 14 Maart het die lesings aangedui dat daar oor ‘n 24 uur periode gemiddeld 266 kiloliter water per uur ontvang is, terwyl die ooreengekome volume 334 kiloliter per uur moet wees.
Dit beteken dat Heilbron net 80% van die water kry wat die dorp moet ontvang. Woensdagoggend 16 Maart was die lesings selfs minder met net 226 kiloliter per uur.
Inwoners was bekommerd dat die verminderde lewering die gevolg was van wanbetaling van Rand Water se rekening, maar volgens die VF Plus het die munisipale areahooof met Rand Water bevestig dat, hoewel die rekening agterstallig is, daar nie op die oomblik enige kredietbeheermaatreëls toegepas word wat lewering beïnvlod nie.
Rdl. Van der Merwe het gesê dat Ngwathe se uitvoerende burgemeester, Victoria de Beer, op sy aandrang ‘n hoëvlak veelparty onderhoud met Rand Water aangevra het om die probleem rondom watervoorsiening te bespreek.
Rand Water het na verneem word ingestem tot die gesprek, maar is senior bestuurders glo eers na 30 Maart beskikbaar vir die gesprek.
Intussen het Rand Water in ‘n brief wat in Gazette se besit is, op 14 Maart aan die Ngwathe burgemeester geskryf dat knaende kragonderbrekings sy watervoorsiening ernstig beïnvloed.
In die brief word verwys na daaglikse kragonderbrekings by die Vereenigingse wateraanleg, en probleme met die Emfuleni Plaaslike munisipaliteit wat watervoor-siening deur Rand Water na die Eikenhof en Zwartkopjes stelsels ernstig affekteer.
Rand Water se Ramateu Monyokolo sê in die brief dat benewens die ure sonder krag, dit baie tyd neem om aanlegte gereed te kry vir produksie sodra kragtoevoer herstel word.
Hy skryf vir elke uur sonder krag het Rand Water 2-3 uur hersteltyd nodig by aanlegte voordat die aanlegte weer in produksie is. “Onder hierdie verslegtende toestande, kan Rand Water nie volhoubaar water voorsien nie,” lees die skrywe.
‘n Grafiek in die brief dui ook aan dat Rand Water in April 2022 alleen 390 ure se kragonderbrekings gehad het.
Dit is gelykstaande aan 16 dae sonder krag in die bestek van een maand.
Hy sê voorts dat met die Emfuleni Plaaslike munisipaliteit in gesprek getree is om die elektrisiteitsvoorsieningskwessie op ‘n dringende basis aan te spreek om watertekorte te voorkom.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button