Local news

“Dankie Here die huis het nie gebrand nie”

Hartshuis se mense veilig

Al die inwoners van Parys se Hartshuis is veilig danksy die vinnige reaksie van die Ngwathe brandweer, Security Master en Parys Sekuriteit  om ‘n brand vanoggend op die Hartshuis se perseel in Parys te kon blus.

Die brand by Steynstraat nr. 2 het begin toe ‘n palmboom aan die brand geraak het nadat tuinvullis oënskynlik gebrand is. Van die brandende blare van die boom het waarskynlik op die grasdak lapa beland en het die lapa afgebrand.

Benewens ‘n ruit wat gebars het, het die huis nie skade nie, en is die inwoners ongedeerd.

Die Hartshuis sê opreg dankie vir elkeen wat vanoggend gehelp het om die brand te kon blus. Daar is nie water by die perseel nie, en met net vier 25 liter waterkanne, wat op daardie stadium by die perseel was, sou dit ‘n saak van absolute onmoontlikheid gewees het om die vlamme te stuit, as dit nie was vir mense se omgee om so vinnig hulp daar te kry nie.

Die Hartshuis in Parys is vroeër vanjaar geopen.

Related Articles

Back to top button