Local news

JOOL is einde Maart weer op Potch se voorstoep

Die vlotte wat vanjaar ‘n splinternuwe baadjie by die NWU se nuwe bRAG dag aantrek, sal Saterdag, 1 April vanaf 08:00 op die JOOLplaas uitgestal word.

JOOL is die toppunt van die studentelewe kalender op die Potchefstroom kampus van die Noordwes-Universiteit. Studente van reg oor Suid-Afrika kom drom saam om vlotte te bou en optredes van die beste plaaslike kunstenaars by te woon. Die doel van die jaarlikse geleentheid, wat al sedert 1942 bestaan, is om fondse in te samel vir 56 gemeenskapsprojekte in en om die Potchefstroom distrik wat bestuur word deur die Studente JOOL Gemeenskapsdiens (SJGD).

Alle winste wat deur JOOL gemaak word word aan die projekte geskenk om die gemeenskap te bemagtig. JOOL staan immers vir “Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid”, en op ons eie unieke manier, in goeie studente gees, maak ons die projekte moontlik.

 

Kunstenaars by JOOL 2023 sluit onder meer Bok van Blerk in wat sy terugkeer na die verhoog sal maak, asook ander plaaslike name in die bedryf soos: Die Heuwels Fantasties, Barto, Elandre, Early B, Majozi, Droomsindroom, Sunset Sweatshop en Refentse. Kaartjies is beskikbaar by https://www.howler. co.za/

Daar word vanjaar steeds klem gelê op veiligheid by die geleentheid.

Hierdie sisteem laat feesgangers toe om vooraf geld op te laai en verminder dus die lang rye tydens die vertonings. Let asseblief net daarop dat drank slegs op die kontantlose-sisteem verkoop gaan word.

Foto: Tian Du Preez

Die onderskeie kosstalletjies gaan wel nog ‘n kontant-sisteem gebruik. Vertonings vind Vrydag, 24 Maart van 18:00 tot 23:45 en Saterdag, 25 Maart van 18:00 tot 23:45 plaas. Daar is 31 Maart ‘n “Sundowner Bash” van 16:00 tot 22:00.

JOOLgangers kan die jaar weer uitsien na die vuurwerkvertoning wat Vrydag, 24 Maart om 19:50 gehou word. Die vlotte wat vanjaar ‘n splinternuwe baadjie by die NWU se nuwe bRAG dag aantrek, sal Saterdag, 1 April vanaf 08:00 op die JOOLplaas uitgestal word.

Studente tydens die 2022 JOOL. Foto: Wouter Pienaar

Die doel van die uitstalling is om die publiek nog meer deel te maak van JOOL. Dit gee die publiek meer kans om die vlotte te bestudeer en foto’s naby die vlotte te neem. Plaaslike vermaak in die biertuin vanaf 10:00, kosstalletjies, vlotte en lekker kinderaktiwiteite sal op die JOOLplaas beskikbaar wees.

Daar is ook ‘n “fun run” roete wat vroeg Saterdagoggend, 1 April afskop.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button