Local news

Dankie vir soveel omgee vir ons viervoete

Elke bydrae maak 'n verskil!

Mense het eenvoudig hul harte en beursies oopgemaak vir die nood van die plaaslike DBV met ruim skenkings van onder andere hondekos wat ingesamel is deur die plaaslike sakeondernemings, Anna Patat en Sweet Peace.

Danksy elke bydrae van die publiek wat gereageer het op die oproep tot hulp, kon die skenkings Vrydag 17 Maart vir die viervoete by die DBV afgegee word.

Die bydrae vir die plaaslike DBV is moontlik gemaak deur elkeen wie se hart oop was vir die nood van ons viervoet-vriende.

Onthou dat skenkings van skoonmaakmiddels en honde- sowel as katkos altyd by die DBV verwelkom word. As jy nie kan bydrae nie, kan jy altyd ‘n draai by die SPCA Charity Shop oorkant die Pick ‘n Pay-sentrum in Philipstraat maak, waar jy sommer baie winskopies sal raakloop. Met dit wat jy by die SPCA Charity Shop koop, of vir hulle skenk om te verkoop, help jy ook jou plaaslike DBV wat staatmaak op die goedhartigheid van die publiek en sakelui om hul deure oop te hou.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button