Local news

Vermeende kabeldief môre weer voor die hof

Formele borgaansoek dan gehoor

‘n Vermeende kabeldief wat op Donderdag 9 Maart gearesteer is nadat die polisie vroeër daardie oggend inligting gekry het van ‘n man wat besig is om koperkabel uit te grou in ‘n oop stuk veld langs die R59, sal môre, Vrydag 17 Maart, weer voor die landdroshof in Parys verskyn.  ‘n Formele borgaansoek vir die 45-jarige Mohau Tshabalala sal dan gehoor word. Hy is nog in aanhouding.

Tshabalala staan tereg opklagte van die beskadiging of peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

Nege ande verdagtes wat dieselfde dag as Tshabala gearresteer is, is sedertdien vrygelaat nadat al tien Maandag 13 Maart voor die hof verskyn het. Daar was egter nie voldoende bewyse om die nege met die misdaad te kon verbind nie, sê polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani.

Rani het gesê die polisie het omstreeks 04:00 die oggend van 9 Maart inligting gekry dat daar gegrou word vir koperkabel langs die R59. Daar is blitsig gereageer waarop ‘n man in die sloot betrap is waar hy nog aan die grou was om die ondergrondse kabel uit te trek.

Die nege ander verdagtes is later in die Tambo en Mbeki-woonbuurte in Tumahole vasgetrek, het sers. Rani gesê. Die polisie het beslag gelê op onder meer grawe en koperkabel.

Related Articles

Back to top button