Local news

‘Kosbaar, al frommel die lewe jou’

Mens karring nie met 'n vrou se handsak nie. Nooit nie, want 'n vrou se handsak is soos haar binnekant...sy wys dit nie sommer maklik vir die wêreld nie.

‘n Vrou se handsak vertel vir die wêreld dat sy iewers heen op pad is. Binne-in daardie handsak bêre sy versigtig wie sy is, waar sy vandaan kom, en waarheen sy gaan.
Elke handsak-storie uniek soos die lewe self vir elkeen van ons.
Met haar ongelooflike ‘handsakstorie’ van geloof, en vashou aan die beloftes van God se daar-wees ten spyte van, het Katrienkie, skrywer van die selfhelpgids, Katrienkie van hawegirl tot lady (onder die skrywersnaam Cara Blake), haar aangrypende getuienis kom deel met ‘n ‘high tea’ by Najaarsrus. Die tema – “My lewe in ‘n handsak”.
Met naakte eerlikheid het sy vertel van die hartseer van seksuele misbruik wat sy as kind ervaar het. Hoe sy as 14-jarige die slagoffer was van kinderprostitusie by die Durbanse hawe. En hoe ‘n bedeleaarsvrou haar op ‘n dag ‘n slukkie water aangebied het, en haar lewe handomkeer verander het met die woorde – “Lig op jou kop Katrienkie, moenie gaan lê nie.”

Vir haar was dit ‘n lang pad van heling, maar vandag is sy as gekwalifiseerde maatskaplike werker, gelukkig getroud met twee seuns. Die heling wat sy gevind het in die Katrienkie-woorde, deel sy met haar inskrywings op haar Facebook-blad met die naam Katrienkie, en haar Katrienkie-bediening vir slagoffers van seksuele misbruik – haar dankie sê-manier vir n tweede kans danksy ta Lien se water en woorde van hoop.
Haar boodskap – Kyk weer ‘n slag na die ID in jou handsak, en onthou wie jy is. “Al frommel die lewe jou en laat jou nikswerd voel – onthou dat jy soos die prysetiket op ‘n handsak waarde het – ongeag wat ander sê. ”
Jou foto’s in jou handsak – die storie waar jy vandaan kom. “Al het ons dikwels die illusie dat ons lewe volmaak moet wees, breek God se kleipotte ook, en waar gate is, skyn Sy lig deur.”
Die sleutels in jou handsak – simbolies van ons reis na ‘n eindbestemming wat bepaal is die dag met jou aankomsdatum.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button