Local news

Help gou – hoe bonter hoe beter vir dié handjies wat moet besig bly

Hoe meer kleurvol en hoe meer liefde jy kan inwerk met elke steek - hoe beter

Hierdie is geen gewone slange of kubusse nie. Dit is bedoel vir handjies wat besig moet bly, wat moet vat en voel en so gestimuleer moet word.
Wil jy nie jou breinaalde of hekelpen afstof en help nie? Hoe meer kleurvol en hoe meer liefde jy kan inwerk met elke steek – hoe beter, want gedurende Maart word daar gebrei of gehekel aan dié kleurvolle sensoriese aktiwiteitskubusse en slange.vir die Situla Campus.
Jy kan met enige wol of gare werk, maar verkieslik helder kleure, want onthou dit is vir kinders.

Anneke van Anna Patat met van die slange en kubusse wat alreeds vir die projek gebrei of gehekel is.

Die afsnydatum is 31 Maart wanneer jy jou bydrae vir die projek moet afgee of courier na Anna Patat in Breëstraat, Parys.
Dit is so maklik. Al wat nodig is, is ses 10 x 10cm blokke wat jy dan aanmekaar werk en stop , met hekelsteke soos bean, bread, berry, loop, chain, cable ribbing, alphone of Waffle (sensories).
Kom brei of hekel saam en help om ‘n glimlaggie op ‘n kindergesiggie te sit.
Onthou die sluitingsdatum 31 Maart. As jy meer inligting nodig het oor die projek, maak ‘n draai by Anna Patat. Dankie vir elkeen wat alreeds so fluks help hekel het vir die projek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button