Local news

Dit klop behoorlik vir Oktober-Aardklop in Potch

Momentum Beleggings Aardklop: 3 - 8 Oktober 2023 in Potchefstroom, hier kom ons

Sit sommer nou al ‘n paar rand opsy want vanjaar se Momentum Beleggings Aardklop in Potchefstroom wil jy nie misloop nie. Die fees is vanjaar in sy volle glorie volledig terug in Potchefstroom en word op die Fanie du Toit-sportgronde gehou van 3 – 8 Oktober.

Aardklop se program sal op 13 Junie in Potch bekendgemaak word, waarna
Potchefstromers, Beeld-lesers en Aardklop se Hartsvriende oudergewoonte eers die
geleentheid gegun sal word om kaartjies te bespreek vanaf 16 Junie. Nasionale
kaartjieverkope sal op 19 Junie open.

Plaaslike Aardkloppers het onlangs oor ‘n glasie Hermanuspietersfontein geesdriftig deelgeneem aan
die gesprekke, vrae gevra en voorstelle gemaak toe daar gesellig saamgekuier is by The Roots vir die bekendstelling van vanjaar se fees.

Alexa Strachan, feesbestuurder, het tydens die bekendstelling beklemtoon dat die ondersteuning van die NWU Potchefstroomkampus van onskatbare waarde is, en alle plaaslike sakelui, gastehuise en inwoners genooi om die
die fees se sukses te help verseker. Sy het bygevoeg dat die dorp se ekonomie ‘n lekker
hupstoot kry, omdat die fees baie plaaslike diensverskaffers gebruik: “90% van alle
onkostes rakende die feesterrein, word plaaslik aangegaan. Besighede baat dus baie by die
fees.”

Fränzo Friedrich, Momentum Beleggings se Hoof van Bemarking se boodskap oor die
voortbou op 2022 se suksesse was geesdriftig. Hy het Aardklop as ‘n nasionale kuns- en
kultuurbate beskryf.

 

!

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button