Local news

Voetstukke maar nie ‘n druppel water nie

Toe ek terug ry huistoe kyk ek na ou Cecilia - in haar oë blink, n traan omdat iemand in hierdie groot heelal tog van Buti en hul probleme kennis geneem het.

Vandag smag ek na n bietjie goeie nuus. Na NUUS, wat mens uit die kettings bevry van gerugte van geweld, betogings en optogte.
Ek laai ou Cecilia in die Jimny en ry Tumahole binne, op soek na n goeie daad –  na n onbesonge held, sy vat my na die huis van Buti Thladi in Tumahole.
Buti is ongelukkig nie tuis nie, maar het via Cecilia toestemming gegee vir n paar foto’s.
Oral in Tumahole sleep mense kannetjies water vir huislike gebruik.

Hulle is reeds weke sonder water en moet kyk hoe die kragtige Vaal verbydreun op pad see toe.
In Tumahole stop ek by n voetstuk wat eens n Jo-Jo tenk gehuisves het. Waar mense kon water skep vir huislike gebruik. Toe sien vraatsugtige entrepreneurs n metode om geld te maak. Hulle tap die Jo-Jo leeg in emmers en verkoop die water by die emmer.

Die gemeenskap kom in opstand en steek die Jo-Jo  tenks aan die brand dat slegs die voetstuk oor is.

Buti Thladi bou n dammetjie voor sy voordeur waar die gemeenskap gratis vry en verniet, hul emmers kan kom vul. Soggens 5 uur kom skep hul water, en word die kinders skoon skooltoe gestuur.

Soos in bybel se tye word Buti se fontein die bymekaarkom plek van die gemeenskap.
Aanvanklik het die kinders in die dammetjie kom swem om die hitte te verdryf, maar na die afbrand van die Jo-Jo’s het Buti se fontein ook die bron van drinkwater geword. Buti sou wat wou gee om n handpomp op die fontein te sit, maar die geld ontbreek, en hoop hy maar dat daar iemand na hierdie pleidooi sou kon luister.
Toe ek terug ry huistoe kyk ek na ou Cecilia – in haar oë blink, n traan omdat iemand in hierdie groot heelal tog van Buti en hul probleme kennis geneem het.
Ek dink by myself hulle is die meerderheid, hulle regeer die land, en tog is dit n klein persentasie wat geen probleme met krag of water het nie. Die kleppe na hul ampswonings bly wa-wyd oop terwyl die minderbevoorregtes maar kan vergaan. In my hart en in my niere weet ek “so kan dit nie aangaan nie.
You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button