Local news

Wawiele rol vir ‘n een keer in ‘n leeftyd-ervaring

Kom jy saam?

Kom span saam die osse voor die wa, en trek oor die vlaktes van Ottosdal se wêreld. En waanneer jy dan saans in die nagstilte jou tent onder die sterrehemel staan maak, kom lê die reuk van stokbrood en roosterkoek oor die kole in die lug. Sewe dae, 40km – ‘n -avontuur wat jy nie gou weer sal beleef nie.
Die unieke Ossewa-avontuur, aangebied deur Die Trekboer Vereniging, word gehou van Sondag 26 Maart tot Sondag 2 April ten bate van die 2023 Bloedrivier-trek.
Wat bied die unieke geleentheid jou? Die ervaring om ‘n week lank in die verlede terug te stap. Te sien hoe die osse daagliks ingespan en daar getrek is. Verskeie aktiwiteite waaronder voorlaaier demonstrasies en heerlike samesyn en musiek om die kampvuur – met les bes ‘n melktert of twee.
Al wat jy nodig het vir die avontuur naas jou inpaklysie, is geduld, takt, samewerking en verdraagsaamheid, en die gewilligheid om saam met jou span soggens en saans te sorg dat die kospotte geroer word.
Wat kan jy verwag? Sondag 26 Maart word daar by die ou klipkerk in Ottosdal bymekaar gekom waar trekgenote mekaar kan leer ken. Daar sal ook ‘n erediens gehou word by die kerk, asook daagliks gedurende die trek. Die waens sal elke dag sowat 6-8 kilometer aflê. Soggens om 06:00 word daar ingespan en teen ongeveer 12:00 weer uitgespan – oorgenoeg tyd vir rus, saamkuier en kosmaak.
As jy die avontuur wil meemaak, teen so min as R980 per volwassene, en R600 vir laerskoolkinders, bespreek so gou moontlik jou plek by John Roderick (076 431 2212, of by Jan-Danie Malan (082 965 7002).

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button