Local news

Help Mikayla om skoene bymekaar te maak vir hulle wat nie het nie

Finaliste reik uit na hulle in nood

Die 12-jarige Mikayla Ströh van Parys is die afgelope naweek aangewys as een die finaliste vir die Mej. Sedibeng Tween-kompetisie. Boonop was dit vir dié graad 7-leerder van Parys Primêre skool haar eerste skoonheidskompetisie waaraan sy deelgeneem het. Die kroning vind plaas op 17 Junie tydens ‘n gala-aand in Meyerton, met pryse ter waarde van R300 000 wat vanjaar op die spel is.

Mikayla Strôh (links) van Parys, een van die finaliste vir Mej. Sedibeng Tween. By haar is Charlotte Malherbe, ‘n finalis vir Mej. Sedibeng.

Finaliste van die kompetisie het egter ook vanjaar die kans om met die kompetisie te help om soveel moontlik skoene voor die koue wintermaande bymekaar te maak, vir die Shoe Drive wat vanjaar met die kompetisie aangepak word.

Die skoene wat finaliste insamel sal aan die Rotariërklub van Vanderbijlpark oorhandig word, wat dit weer onder gesinne in nood sal versprei.

Hierdie is die ideale geleentheid om sommer weer kaste reg te pak en terselfdertyd vir iemand in nood iets te beteken. As jy skoene het wat jy nie meer dra nie, of dalk van die kinders se skoene wat nie meer pas nie, gee dit af vir Mikayla by Schuttestraat 23, om so ook hierdie mooi projek te ondersteun.

Jy kan ook vir Mikayla op Facebook jou steun wys deur haar foto te gaan ‘like’

op die Mikayla Str̦h РSedibeng Tween Finalist blad.

 

Related Articles

Back to top button