Local news

Vermeende koperkabeldiewe loop hul rieme styf

Die polisie is geloof vir die flinke optrede wat gelei het tot die arrestasie. Parys soos baie ander dorpe gaan swaar gebuk onder gereelde kabeldiefstal en sabotasie van die kragnetwerk. 

‘n Toneel langs die R59 sowat 10km buite Parys, waar die polisie gister, Donderdag 9 Maart, ‘n vermeende koperkabeldief op heterdaad betrap het, en nog 9 ander later gearresteer is, het behoorlik motoriste se aandag getrek, om te sien wat die rede was vir die polisie teenwoordigheid.
Volgens polisiewoordvoerder, sers. Josephine Rani, het die polisie omstreeks 04:00 die oggend inligting gekry van ‘n man wat besig is om koperkabel uit te grou in ‘n oop stuk veld langs die R59 naby die Likkewaan-kanoklub.
Danksy die blitsige optrede van die polisie, is die man in die sloot betrap waar hy nog aan die grou was om die ondergrondse kabel uit te trek.

Die toneel langs die R59 waar die polisie ‘n vermeende koperkabeldief op heterdaad betrap, en nog 9 ander later gearresteer het, het behoorlik motoriste se koppe laat draai om te sien wat die rede was vir die polisie teenwoordigheid.

Die man is gearresteer, asook van sy medepligtes wat later in die Tambo en Mbeki-woonbuurte in Tumahole vasgetrek is.  Die polisie het beslag gelê op onder meer grawe en koperkabel.
Die tien verdagtes sal Maandag 13 Maart voor die landdroshof in Parys verskyn op klagte van die meskadiging of Peuter met noodsaaklike infrastruktuur.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button