Local news

Skenkersgetalle daal, maar vraag na bloed neem toe

Skenkergetalle in Parys het oor die afgelope drie jaar afgeneem. Soveel so dat daar byna 150 skenkers is wat nie meer bloed skenk nie. Dit het weer 'n ernstige impak op bloedinsamelings,

Tog sal agt uit tien mense op ‘n stadium in hul lewens bloed of bloedprodukte benodig. Baie van vandag se mediese sorg hang af van ‘n bestendige bloedvoorraad van gesonde skenkers.
Nog meer kommerwekkend is dat voorspel word dat bloedverbruik sal toeneem met ‘n bevolking wat ouer word, en danksy mediese vooruitgang.
Ongelukkig is bloedvoorrade gewoonlik gedurende die Paastyd laag weens die skoolvakansie, publieke vakansiedae en langnaweke.
Gereelde klinieke by skole, tersiêre instellings en besighede kan nie plaasvind nie, en dit het ‘n ernstige impak op pasiënte.
Daar is dikwels nie genoeg bloedskenkklinieke by maatskappye om die gapings van die afwesigheid van bloedskenkklinieke by skole en tersiêre instellings te vul nie
Om bloed te skenk neem net 30 minute elke twee maande.
‘n Geskenk van lewe wat jy vir iemand gee wat jy nooit sal ontmoet nie, maar wie se lewe jy vir altyd kan verander. Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red.
Die rede is dat ‘n eenheid bloed in drie komponente geskei word: rooibloedselle, plaatjies en plasma. Rooibloedselle word ti- pies gebruik om die bloedvolume te vervang van ‘n persoon wat baie bloed verloor het, byvoorbeeld tydens ‘n motorongeluk of kindergeboorte, plasma vir mense wat aan ‘n bloedsiekte, byvoorbeeld hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het. Plaatjies word gegee aan kankerpasiënte wie se plaa- tjies deur chemoterapie vernietig is.
Die Suid-Afrikaanse Bloeddiens moedig daarom elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit.
Kom ons maak seker hierdie Paasfees gaan oor meer as net paaseiers deur ‘n verskil in iemand se lewe te maak.
Om ‘n bloedskenker te word, moet jy:
• Tussen die ouderdom van 16-75 wees
• Meer as 50kg weeg
• Iets voor jou skenking eet
• ‘n Veilige leefstyl lei
• Gesond wees op die dag van die
skenking.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nooi die gemeenskap van Parys om Dinsdag, 14 Maart vanaf 13:00 tot 19:00 by die Hervormde Kerksaal, h/v Loop- & Paulsenstraat bloed te skenk. Daar ‘n buite-uitsending van Overvaal Stereo wees – kom kuier saam. Parys Rotary-lede sal ook tydens die dag hul steun gee aan die mobiele skenkerskliniek.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button