Local news

Egpaar diep geraak deur vloedslagoffers se nood

Die skenking is intussen aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) gegee wat reeds ingegryp het om verligting te gee vir nood van vloedslagoffers in die Vredefort Koepel.

‘n Pensionaris-egpaar wat so geraak was deur mense se verliese toe die Vaalrivier sy walle oorstroom en deur huise en oor eiendom gebars het, het daar en dan besluit hulle wil help. Hulle het blikkies nie-bederfbare kos, handdoeke, komberse, klere en water bymekaar gemaak, en dit hier in Parys kom oorhandig.
Anne Lombaard het met die oorhandiging in ‘n onderhoud op Parys Toerisme Radio vertel hoe die nood van mense haar en haar gesin so aangegryp het, dat hulle dadelik besluit het hulle wil help. Selfs haar gestremde seun het een van sy komberse vir vloedslagoffers geskenk.
Anne was veral bekommerd oor mammas met babas, en vrouens. Daarom het sy by die skenking ook pakkies ingesluit was opgemaak is met toilet- en sanitêre ware, waslappe, babapap, sepies ensovoorts.
Die Lombaards se opregte omgee het gesorg vir ‘n baie emosionele oomblik in die Parys Toerisme Radio-ateljee, vertel Angelique Kleynhans.

Die skenking is intussen aan Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) gegee wat reeds ingegryp het om verligting te gee vir nood van vloedslagoffers in die Vredefort Koepel.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button