Local news

Groot blydskap vir Parys Primêr oor atlete-trots

Baie geluk aan hierdie drie atlete. Julle hou Parys se naam hoog!

Drie atlete van Parys Primêre skool het na afloop van die Vrystaat skole-atletiekkampioenskappe gekwalifiseer om aan die SA laerskole atletiekkampioenskappe in Pietermaritzburg deel te neem. Die kampioenskappe word van 19-21 Maart gehou.
Zuan van Riet sal die Vrystaat Provinsie by die kampioenskappe in nie minder nie as drie items verteenwoordig.
Hy neem deel aan die 75m hekkies, 150m hekkies, en aflos.
Inke Nortman sal haar provinsie en skool in verspring verteenwoordig, en Jaco van Wyk sal in beide die hoogspring- en verspring-items sy staal wys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button