Local news

Amnestie vergunning vir verbruikers met uitstaande munisipale skuld

Neem kennis en maak gebruik van die vergunning

Die munisipale raad het tydens ‘n spesiale vergadering op 27 Fe- bruarie besluit dat verbruikers met uitstaande skuld geleentheid gebied word om aansoek te doen vir afskrywing van 40% daarvan.
Volgens Vryheidsfront Plus raadslid, Phillip van der Merwe van Heilbron, is die amnestie egter onderhewig daaraan dat die oorblywende 60% in ‘n enkelbedrag betaal word, en dat die verbruiker daarna sy maandrekening elke maand stiptelik betaal vir die daaropvolgende 12 maande.
Die amnestieperiode neem ‘n aanvang op 1 April 2023, en loop op 30 September 2023 ten einde.
Verbruikers met uitgebrugde of foutiewe kragmeters kry ook geleentheid om hul verbruik sonder die risiko van groot boetes te wettig deur die meters by die munisipaliteit te rapporteer sodat dit vervang kan word, sê rdl. Van der Merwe.
Die amnestieperiode is geldig van 1 Maart 2023 tot 30 Junie 2023. Verbruikers met uitgebrugde meters word nou reeds gewaarsku dat streng stappe geneem sal word teen enigeen wat na 30 Junie 2023 met ‘n gebrugde elektrisiteitsmeter betrap word. Verbruikers met uitstaande munisipale skuld word aangemoedig om gebruik te maak van die amnestie vergunning.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button