Local news

Laaste groet vir oudonderwyser van Parys

Ons opregte medelye met sy gesin en familie

Of dit in die houtwerkklas of Aardrykskunde-klas was – leerders van Parys Primêre skool het mnr. Rutgert (Doy) van Huyssteen geken as ‘n man met ‘n omgeehart. Iemand wat geweet het hoe om met mense te werk. ‘n Statige man wie se liefde vir sy gesin, en sy medemens baie eerbied ingeboesem het.
Mnr. Doy van Huyssteen is Saterdag 4 Maart in die ouderdom van 89 jaar oorlede, en word ‘n troosdiens vir hom Vrydag, 10 Maart, om 11:00 vanuit die APK Parys-gemeente gehou.Sy wortels was diep geanker hier. In 1933 is hy as die oudste van 8 kinders in die Vredefort-distrik gebore waar hy ook grootgeword het.
Van 1954 tot 1992 het hy skoolgehou by Parys se laerskool. Naas houtwerk het hy ook Aardrykskunde en Bybelkunde gegee.
Mnr. Doy was nie net onder die skoolkinders geliefd nie, maar ook in die gemeenskap van Parys.
Hy het baie huise in Parys se planne geteken, en was lief vir tuinmaak.
Hy was een van die stigterslede van die NG gemeente Parys-Suid, en deel van die span wat die preekstoel ontwerp het. Hierbenewens was hy ook betrokke by kultuuraktiwiteite in die dorp.

Hy word oorleef deur sy eggenote, vier kinders en vier kleinkinders wat hom met tere herinneringe sal onthou en sy nalatenskap eer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button