Local news

Ruikers ‘n stille getuienis van ‘n nag se tragedie

Gedenkdiens vir munisipale elektrisiƫns vanmiddag gehou


Die twee ruikers wat teen ‘n boom in Hospitaalweg geplaas is op die toneel waar Emmah Rocolo, senior elektrisiĆ«n van die Ngwathe munisipaliteit en n private kontrakteur, vandag presies n week gelede in n noodlottige motorongeluk gesterf het, en die enkele ruiker by die transformator in Boomstraat, waar nog n munisipale elektrisiĆ«n, Elias Search Letsaba vroeĆ«r daardie selfde aand beseer is en gesterf het, was vanmiddag die stille getuienis van n dubbele tragedie wat die gemeenskap en hul kollegas diep geraak het.

N Roudiens vir Elias en Emmah is vanmiddag by die Master Nakedi sportsentrum in Tumahole gehou en sal hul Saterdag te ruste gelĆŖ word.

Elias en van sy kollegas was daardie dag besig om n transformator te vervang toe n insident plaasgevind het. Naas Elias is van die ander spanlede en n hyskraanoperateur ook beseer.

Kort hierna het Emmah en die private kontrakteur wat albei by die Boomstraat toneel was, in n afsonderlike insident gesterf toe die bakkie waarmee hulle onderweg was na die hospitaal om traumabehandeling vir Emmah te kry, teen n boom op n sypaadjie in Hospitaalweg gebots het. Beide is op die toneel dood verklaar.

Ons diepe medelye met hul families in hierdie hartseer tyd.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button