Local news

Jy kan nie glo hoeveel die water gesak het nie

Net 4 sluise nog oop

Vandag, byna twee weke nadat verskeie oorde langs die Vaalrivier oorstroom is, kan jy beswaarlik glo hoeveel die Vaal se water gesak het.

By The Dell wat net buite Parys langs die Vaal Eden-pad is, is geskat dat die water byna 5m gesak het sedert chalets op 19 Februarie oorstroom is.

Die foto van die Visarend-chalet hieronder wys duidelik hoe die water gesak het, nadat net die chalet se grasdak op 19 Februarie sigbaar was en daar met ‘n kano om die chalet geroei is.

Teen vandag, Donderdag 2 Maart, was nog net 4 sluise oop by Vaaldam nadat nog een van die damsluise vanoggend om 08:00 toegemaak is. Uitvloei by Bloemhofdam is ook vanoggend om 09:00 verder verlaag na 800 kubieke meter per sekonde.

Vaaldam was teen gister 105,92% vol.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button