Local news

Watervlak daal steeds – dit is die situasie by Vaaldam

Asseblief moenie die krag van water onderskag nie en slaan ag op waarskuwings om weg van die rivier en rivieroewer af te bly.

Die Vaaldam is vanoggend, Vrydag 24 Februarie, 116,82% vol met invloei wat steeds minder is as die uitvloei.

Invloei by Vaaldam soos opgedateer teen 13:00 op Donderdag 23 Februarie was 1226,48 kubieke meter per sekonde, en die uitvloei op 2 304 kubieke meter per sekonde gemeet. Geen reënval is gister in die Vaaldam se opvangsgebied gemeet nie. Daar is steeds 12 sluise oop by Vaaldam

Bloemhofdam is nou 112,46% vol met uitvloei teen 3 808,0 kubieke meter per sekonde.

Schoemansdrift-laagwaterbrug in die Vredeort Koepel is steeds onder water met water wat hier teen 13:00 Donderdag 23 Februarie gemeet is op 4 573m. Die watervloei by die brug is gemeet teen 2994 kubieke meter per sekonde. Die brug kan eers weer oopgemaak word vir verkeer wanneer die watervlak daal tot onder 2,6m.

Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel. Die foto is Donderdagmiddag 23 Februarie om 17:00 geneem. Foto: Sue Janse van Rensburg.

‘n Ernstige beroep is weer op die publiek gedoen om asseblief uit die water en weg van die rivieroewer te bly. Onthou dat die stroom steeds baie sterk is en dat jy nie moet probeer om deur vloedwater te ry nie.

In Parys was daar steeds gister, Donderdag 23 Februarie strate na aan die rivieroewer waaroor die Vaalrivier se water gevloei het.

Related Articles

Back to top button