Local news

Tannie Dawn – ons harte is so seer

Haar plekkie is leeg by Parys se Vories

Vir soveel jare ken nie net die Voortrekkers van Parys Voortrekkerkommando die gesig van tannie Dawn Rall nie.

Tannie Dawn was so deel vanĀ  Voortrekker-wees soos wat kamp vir elke Voortrekker is. Vir baie jare was sy die gesig van Voortrekkers in Parys en het haar hande vir niks verkeerd gestaan nie.

Tannie Dawn isĀ  Donderdag 23 Februarie, na ‘n lang siekbed oorlede.

Sy het ongelooflike diep spore oor meer as 40 jaar in Die Voortrekkers Vrystaat en spesifiek Parys Voortrekkers en die Parys-gemeenskap getrap.Ā  Sy was lid van die Gebiedsbestuur en later die Gebiedsdagbestuur van Die Voortrekkers Vrystaat.Ā  Sy het ook gedien in verskeie gebiedskomitees in die Vrystaat en in nasionale komitees van Die Voortrekkers.
Tannie Dawn was by verskeie gebiedskampe betrokke onder andere Leierskamp en die Doornkloof Hoofkwartier, maar het veral as kampleier van Doornkamp vir meer as 21 jaar in verkeie Voortrekkers se lewens ʼn groot verskil gemaak.
Tannie Dawn het ʼn omgee hart gehad en het altyd kinders eerste gestel.Ā  Haar liefdeĀ  vir kook en bederf van die Voortrekker-maats was oral bekend.Ā  Baie van haar resepte is opgeneem in Doornkloof se kampkookboek, en in die boek Voortrekkers Kook.Ā  Jy’t haar altyd in Doornkloof se kombuise gekry waar sy of self voorgevat het, of hand bygesit het, want die Voortrekker kinders moes lekker eet, het Willie Engelbrecht, gebiedsleier van die Voortrekkers in die Vrystaat gesĆŖ.
Hy skryf tannie Dawn was ʼn wyse mens en het altyd naby gestaan om raad en advies te gee.Ā  Sy was ʼn Voortrekker-ma vir baie wie in die laat nag sou saam kuier, en het selfs in die nagtelike ure deelgeneem aan nagmarse en lekker saam gelag.
“Sy het werklik omgegee vir Die Voortrekkers Vrystaat en ek onthou toe ons op 17 Februarie 2023 haar erelidmaatskap in die intensiewe sorgeenheid aan haar oorhandig het, wou sy weet hoe dit op Doornkloof gaan, en hoe vorder die nominasies vir die komende verkiesing.”
Die Vrystaat Voortrekkers was vir haar soos haar baba.Ā  Sy wou dit altyd beskerm en oppas, het Engelbrecht gesĆŖ.
“Tannie Dawn Rall laat ʼn ongelooflike leemte in ons gebied en ons eer haar nagedagtenis as Voortrekker in murg en been. Op persoonlike noot was sy my Voortrekker-ma wie my alles van kampe en maatskap geleer het. Sy het my bemoedig in swaar tye, en ʼn drukkie gegee wanneer dit nodig was.Ā  Laas Vrydag in die hospitaal toe ons groet na die kuier het sy my hand styf vas gehou en net liefde uitgestraal.Ā  Sy was ʼn omgee mens en ek sal haar ongelooflik baie mis.”
Ons innige meegevoel met Andries, Karin, Corrie en al die familie en vriende.
Parys salueer een van sy mees geliefde en gerespekteerde inwoners – ʼn ware Voortrekkerleier!
Hou Koers tot ons weer ontmoet.
* Die troosdiens is Vrydag 3 Maart om 14:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos.Ā 

Related Articles

Back to top button