Local news

Derde voertuig in 4 dae deur vloedwater meegesleur

Moet nooit die krag van water onderskat nie

Die polisie en nooddienste het vanmiddag weer ‘n baie ernstige waarskuwing tot die publiek en besoekers aan Parys gerig om asseblief uit die rivier en weg van rivieroewers te bly. Daar moet veral nie gepoog word om deur die vloedwater te ry wat steeds oor strate in Parys naby die rivieroewer spoel nie. Dit sluit in ‘n gedeelte van Grewarlaan, Fickstraat en die Esplenade naby die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate.

Dit volg nadat daar vanmiddag weer ‘n voertuig uit die water by die draai in Esplenade in die rigting van die laagwaterbrug-ingang na die Parys Golf & Country Estate uit die water gesleep moes word. Die Landrover het van die hangbrug se kant in Esplenade ingedraai en is op die volgende draai deur die vloedwater meegesleur. Daar was vier insittendes in die voertuig wat almal na veiligheid gehelp kon word. Die voorval was net voor 16:00 vanmiddag.

Dinsdag 21 Februarie moes ‘n Fortuner met 5 insittendes onder wie ‘n 3-jarige kind ook hier uit die water gehelp word nadat die voertuig op dieselfde draai deur die vloedwater meegesleur is.

Sondag 19 Februarie is ‘n bakkie wat in Noorderstraat afgery het in die rigting van Grewarlaan deur die vloedwater meegesleur.

Onthou dat die Vaalrivier in vloed is en dat die stroom wat hier oor die paaie vloei veral by Esplenade, baie sterk is.

Mense is gevra om asseblief onder geen omstandighede deur die water te ry nie, selfs al sou jy dink dat jy veilig kan deurry – moenie die kans waag nie, ter wille van jou eie veiligheid en ook die veiligheid van nooddienswerkers. Nooddienswerkers monitor die situasie 24 uur maar het die samewerking van die publiek baie nodig.

Dit is hoe sterk die Vaal se Vloedwater by Mystique Waters in Esplenade oor die pad stroom. Foto: Selma Kok

Die Esplenade is aan beide kante soos wat jy van die hangbrug se kant af in Esplenade sou ry asook by Venusstraat by die ingang na die Parys Golf & Country Estate gesluit.

In geval van nood wat verband hou met die vloedsituasie skakel asseblief 

067 424 2372

082 525 1998

083 559 0674

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button