Local news

Watervlak nog net 3 keer bo 5m by dié brug

Vaal se water was al hoër hier

Interessant genoeg was die watervlak by die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel nog net 3 keer bo 5m gemeet in die geskiedenis van die brug.

Om perspektief te gee is die vloei vandag, 18 Februarie,  gemeet as 2 418 kubieke meter per sekonde by die brug en is die watervlak gemeet as 3,96m om 13:00 vanmiddag.

Op 9 Februarie 1944 om 17:00 is die watervlak as 5,303m by die brug gemeet met watervloei teen 3 725 kubieke meter per sekonde

Op 22 Februarie 1975 om 12:35 meet die watervlak by die brug 5,818 meter met watervloei teen 4 212 kubieke meter per sekonde.

Op 8 Januarie 2011 om 09:12 meet die watervlak 5,138m met watervloei teen 3 533 kubieke meter per sekonde.

Ons dank aan Sue Janse van Rensburg vir die statistiek oor die Schoemansdrift laagwaterbrug.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button