Local news
Oewereienaars gewaarsku: Nog sluise word oopgemaak
Bly asseblief weg van die rivieroewer en uit die rivier uit
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2023/02/laagwater2-780x470.jpg)
Wees asseblief gewaarsku – die Vaalrivier se watervlak sal verder styg met nog twee sluise wat vandag by Vaaldam oopgemaak word.
Daar is reeds 10 sluise oop by Vaaldam. Om 09:00 word die 11de en 12de sluis by Vaaldam oopgemaak.
![](https://images.caxton.co.za/wp-content/uploads/sites/116/2023/02/laagwater2.jpg)
Oewereienaars stroomaf is gewaarsku om asseblief hiervan kennis te neem.
By Bloemhofdam word uitvloei om 09:00 verhoog na 2 000 kubieke meter per sekonde en weer verder verhoog na 2 200 kubieke meter per sekonde om 10:00.
Vaaldam is vanoggend 112,12% vol met uitvloei teen 1 691 kubieke meter per sekonde. Altesaam 27,8mm reën het sedert gister weer in die Vaaldam se opvangsgebied geval.
Bloemhofdam is nou 109,27% vol