Local news

Ernstige waarskuwing: Talle paaie onder water

Bly weg uit die rivier en weg van die rivieroewer

Mense word ernstig gewaarsku dat die Vaalrivier se watervlak aansienlik sal styg vandag en behoort Parysenaars na raming teen vanmiddag/vanaand reeds ‘n drastiese styging in die riviervlak te sien. Daar sal teen 12:00 vanmiddag reeds 10 sluise oop wees by Vaaldam met 4 sluise wat addisioneel vanoggend oopgemaak word by die 6 sluise wat reeds oop was.

Die Vaalrivier het gister Donderdag 16 Februarie, al baie sterk geloop, en talle laagwaterbrue en roetes in die Vrystaat is reeds onder water.

Suikerbos loop die hoogste in 13 jaar en so ook ander spruite onder Vaaldam.

Die situasie word deurentyd deur nooddienste gemonitor wat op gereedheidsgrondslag is.

Waarskuwing: Bly asseblief uit die rivier en weg van die rivieroewer. Moet onder geen omstandighede kinders alleen by die rivier laat speel nie. 

Let asseblief op die volgende

  • Die Schoemansdrift laagwaterbrug in die Vredefort Koepel is reeds gesluit vir verkeer.
  • Die R34 – 10km buite Kroonstad in die rigting van Edenville is onder water
  • R76 tussen Kroonstad en Viljoenskroon is onder water
  • R59 buite Viljoenskroon is steeds onder water
  • Water oor die pad tussen Reitz en Tweeling is ook gerapporteer
  • Die N5 tussen Paul Roux en Bethlehem is tans oop maar was gisteraand nog toe en is die verwagting dat die pad waarskynlik weer gesluit sal word.
  • Wees baie versigtig vir slaggate op die R59 tussen Sasolburg en Parys

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button